Boekmerk Flashcards Preview

Afrikaans > Boekmerk > Flashcards

Flashcards in Boekmerk Deck (9)
Loading flashcards...
1
Q

Bespreek die gebruik van die vergelyking tussen skoolkinders en mossies in besonderhede

A

Die kinders se wange word vergelyk met
die merke op mossies se gesiggies wat soos wange lyk.
Die kinders se besige hande word vergelyk met mossies se woerende vlerke.
Die kinders se lyfies wat rondbeweeg word vergelyk met ‘n swerm mossies wat lyk asof hulle seil as hulle rondbeweeg.

2
Q

Bespreek die metafoor in reels 6 en 7

A

Die blink klipvoer van die skoolgang word vergelyk met water waarin die
kinders soos in ‘n spieël gereflekteer word.

3
Q

Beskryf wat bedoel word met reels 8-10, deur jou eie woorde te gebruik vir die onderstreepte gedeeltes

A

druppels klank: die kinders se geraas

verbaas: jy het nie dit verwag nie
 bittersoet: ‘n kontras van goeie en slegte herinneringe
4
Q

Hoe maak die digter gebruik van sintuie in die gedig?

A

Die reuk van jasmyn laat haar haar jeug “proe”.

5
Q

Wat is die funksie van die dubbelpunt in reel 13?

A

Daar volg ‘n lys vrae.

6
Q

Hoe word dit duidelik uit reels 14 en 15 dat skoolkinders soms net uit gewoonte kla?

A

Hulle kla oor 2 dinge wat in kontras staan met mekaar. Dis óf te ver óf te naby.

7
Q

Op watter manier ondersteun die tipografie van reels 22-24 die gedagte wat dit oordra?

A

Hierdie reëls dui op ‘n verandering wat die onderwyser wil maak. Die reëls word dan letterlik anders geskryf om die verandering te beklemtoon.

8
Q

Verskaf 2 redes waarom die “wange van soldaatjies” ‘n goeie keuse is

A

Die wange sluit aan by die wange van die kinders en die voëls.
Die soldaatwangetjies lyk asof hulle lug uitpars.

9
Q

Waarmee word die lekker dinge van skool vergelyk?

A

Die geur van jasmyn.