Eerste Bedryf Toneel 2 Flashcards Preview

Afrikaans > Eerste Bedryf Toneel 2 > Flashcards

Flashcards in Eerste Bedryf Toneel 2 Deck (19)
Loading flashcards...
1
Q

Aan wie dink Fiela behoort die perdekar en waarna soek hulle?

A

Aan smouse wat volstruisvere wil koop.

2
Q

Waarvan, dink jy, kan die valk ‘n simbool wees?

A

Dis ’n simbool van die slegte nuus wat kom – die sensusmense.

3
Q

Hoe beskryf Fiela in haar gedagtes die verskille tussen die bos en die lange Kloof?

A

Die bos het plante en genoeg reën. Die Lange Kloof het klippe en stof en volstruise.

4
Q

Wat doen Selling om geld te maak?

A

Hy brei velle en maak karwatse, swepe en skoene.

5
Q

Wat het Pollie gekos?

A

Ses karwatse en twee swepe.

6
Q

Wat gaan doen Benjamin?

A

Hy gaan kyk hoe ver sy skuit gedryf het. (Dit dui op sy belangstelling in water/ skepe wat later belangrik word.)

7
Q

Wat kom maak die mense op die perdekar?

A

Hulle is besig met ‘n sensus en kom die mense in die Lange Kloof tel.

8
Q

Waarvoor wens Fiela? Waarom?

A

Dat hulle nie vir Benjamin moet sien nie. Omdat hy ‘n wit kind is.

9
Q

Hoe weet jy dat die lange geen respek aan Fiela toon nie?

A

Hy noem haar “vrou” en vra tydens watter pes sy gebore is.

10
Q

Wat is die name van Fiela se kinders?

A

Kittie, Dawid, Tollie, Emma en Banjamin.

11
Q

Hoe verduidelik Fiela dat Benjamin haar hanskind is.

A

Sy het hom nege jaar tevore by haar agterdeur gekry. Hy het gestaan en huil en was omtrent drie jaar oud.

12
Q

Hoekom het Fiela nie die kind na (a) Petrus Zondagh, of (b) ‘n magistraat of (c) die veldkornet geneem nie?

A

Petrus Zondagh was agter by die see; daar was nie ‘n magistraat nie; die veldkornet was Dugas toe.

13
Q

Wat bedoel Fiela as sy sê dat hy probeer visvang in ‘n emmer?

A

Sy bedoel hy vat ‘n groot kans; hy probeer iets sê of voorstel wat onmoontlik is.

14
Q

Hoe weet Fiela dat die kind nie van die bos af kon kom nie?

A

Dit is heeltemal onmoontlik vir ‘n kind van drie om so ver te loop en hy was skoon en netjies.

15
Q

Hoekom het Fiela nie probeer om die kind se ma te vind nie?

A

Sy sê dat ‘n ma (ooi) wat haar kind (lam) weggooi nooit weer die kind wil hê nie.

16
Q

Waarom kyk die twee mans na mekaar as Benjamin sê: “My pa het my gehelp, baas.”?

A

Hulle is verbaas dat ‘n wit kind “baas” en nie “oom” sê nie.

17
Q

Hoekom begin Fiela verlig voel?

A

Maande het verbygegaan en die mans het nie teruggekom nie.

18
Q

Hoekom wil Fiela graag hê dat die volstruise moet broei?

A

Sodat hulle geld kan maak om nog grond by te koop.

19
Q

Watter goeie nuus bring Benjamin aan die einde van April? Wat beteken dit vir die gesin?

A

Die volstruiswyfie dans. Hulle sal paar en daar sal klein volstruisies wees, dus sal hulle volstruisvere kan verkoop.