Tweede Bedryf Toneel 3 Flashcards Preview

Afrikaans > Tweede Bedryf Toneel 3 > Flashcards

Flashcards in Tweede Bedryf Toneel 3 Deck (10)
Loading flashcards...
1
Q

Watter vergelyking tref Fiela as sy die magistraat se plek sien?

A

Dit lyk vaal en stroef, soos die wet.

2
Q

Wie is die twee “vredestoorders” teenoor wie Fiela ’n klag wil lê?

A

Die lange en die dikke.

3
Q

Wat bedoel Fiela as sy vir haarself sê om soos ’n slang te seil?

A

Sy bedoel dat sy nederig moet wees en nie moeilikheid moet maak nie.

4
Q

Watter inligting omtrent die magistraat is vir Fiela goeie nuus?

A

Hy kan Hollands praat.

5
Q

Onder watter wanindruk verkeer Fiela as sy met die skoonmaker praat?

A

Sy dink dat sy suksesvol sal wees oor die klag wat sy lê en sy dink dat sy Benjamin sal terugkry.

6
Q

Verduidelik die volgende aanhaling in jou eie woorde: “…ek is bang vir wat voorlê, maar sonder moed en geloof is ek nie.”

A

Fiela is bang om die magistraat te sien, maar sy glo dat sy Benjamin gaan terugkry.

7
Q

As Fiela aan die konstabel verduidelik wie sy is, vra hy haar om ’n oomblik te wag. Wat, dink jy, gaan doen hy?

A

Hy gaan vertel vir die magistraat dat sy by die deur is.

8
Q

Die skoonmaker sê: “Dit lyk my hy gaan vandag verkeerdekant draai.” Wat bedoel hy heelwaarskynlik met hierdie woorde?

A

Hy ken die storie van Benjamin en weet heelwaarskynlik dat hy aan Barta en Elias gegee is.

9
Q

Hoe motiveer die konstabel dat die van Rooyens geweet het Benjamin is Lukas?

A

Die bosvrou het hom onmiddellik uitgeken.

10
Q

Gebruik jou eie woorde om Fiela se gevoel te beskryf.

A

Sy was verslae en kon nie glo wat sy hoor nie.