Die Boodskapper Flashcards Preview

Afrikaans > Die Boodskapper > Flashcards

Flashcards in Die Boodskapper Deck (10)
Loading flashcards...
1
Q

Watter tipe gedig is dit?

A

Vrye vers. daar is nie ’n vaste rympatroon nie.

2
Q

Noem drie maniere waarop “my” en “jou” in strofe 1 uitgelig word.

A

Die kort versreëls, die woorde staan aan die einde van die versreëls en die witinkeping.

3
Q

Wie is die “boodskapper” in die titel?

A

Die aandster, Venus.

4
Q

Wat behels hierdie boodskap?

A

Die “my” se liefde vir die “jou”.

5
Q

Alhoewel die aandster ver weg is, voel die spreker tog naby aan die “jou”.

  1. Verduidelik die beeld in strofe 2 wat die stelling bevestig
  2. Verduidelik die beeld in strofe 3 wat die stelling bevestig
A
  1. Die boodskap is net ’n gedagte weg van die spreker.

2. Dit is net die uitsteek van ’n hand weg.

6
Q

Wat, dink jy, staan in die brief geskryf?

A

Die spreker verklaar sy liefde aan die “jou”.

7
Q

Waarom, dink jy, is daar ‘n soentjie op die omslag?

A

Die soentjie wys dat dit ’n liefdesbrief is.

8
Q

Watter woorde in die gedig bevestig moontlik die idee van liefde?

A

Venus, soentjie, oogknip

9
Q

Wat kan ‘n mens uit die woord “aandklas” aflei?

A

Die persoon is moontlik ’n deeltydse student.

10
Q

Wat, dink jy, is moontlik ‘n rede vir die wit inkeping in die laaste versreel?

A

Dit wit verteenwoordig die uitsteek van die hand na die boodskap, m.a.w. nadie liefde.